Press

Klankfees wat pype laat basuin

Daar's altyd geesdrif in die breër gemeenskap wanneer 'n kerk moeite doen om 'n veeldoelige orrel te installeer wat nie net die gemeentesang sal stimuleer nie, maar ook gehore na konsertuitvoerings sal lok.
"Danksy 'n tamaai skenking en tegelykertyd 'n belegging deur die Oppenheimer- familie kon die St.George – Anglikaanse kerk in Johannesburg 'n opdrag aan Rieger-Orgelbau van Oostenryk gee vir 'n nuwe orrel. Die onderhandelinge om die orrel te bekom, het reeds in 2007 begin. Die afgelope Saterdag se inwyding van 'n trotse instrument deur Wim Viljoen was 'n ware viering, wat mens lank sal wil vertroetel. Die violis Zanta Hofmeyr se aandeel in diè klankfees het 'n ekstra dimensie verleen."
"Hofmeyr en Viljoen is 'n inspirerende, veelsydige duo wat met 'n dieplopende musikale aanvoeling in werke van Bach, Telemann, Albinoni, Richard Pantcheff, Rheinberger en Elgar dié geskiedkundige program na groter hoogtes gevoer het." Orrel-inwydingskonsert – St. George-kerk, Parktown

Zanta

Zanta Hofmeyr Press